Nie korrupsie nie, wel diefstal

Meer as R24 miljoen is na bewering gesteel uit die koffers van die Departement van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie.

Die diefstal is glo die werk van ’n sindikaat wat funksioneer onder leiding van ’n senior beampte van die departement.

Die beweerde meesterbrein is glo iemand wat in die menslike hulpbronne afdeling werksaam was en toegang gehad het tot die betalings stelsel, en het reeds in 2018 bedank en die diens verlaat.

Klaarblyklik het ’n fluitjieblaser een maand nadat die werker bedank het, begin met die opgradering van die stelsel, bekendgemaak dat misbruik gemaak is van die stelsel, en is gevind dat toelaes wat bedoel is vir dosente, gebruik is.

Die stelsel is twee jaar voor die werker in diens geneem is, ingestel en nou word ondersoek gedoen oor die hele departement se status.