Morkel tree uit by De Klerk Stigting

Dayne Morkel, die Hoof Uitvoerende Beampte van die FW de Klerk Stigting, het sy bedanking ingehandig en sê dit is met onmiddellike effek soos op 31 Maart.

Hy sê na 20 jaar in diens, is dit tyd om uit t span, en is besig om gereed te maak vir verhuising van die VSA.

Gerugte is glo weerlê deur Morkel dat sy bedanking verband hou met die verklaring van FW de Klerk dat apartheid nie ’n onreg teen die mensdom is nie, en wat later teruggetrek is.

Dit het ook niks te maak met die Rooi brigade se pogings om De Klerk uit die stelsel verwyder te kry dat hy nie in die toekoms die Staatsrede mag bywoon nie.

Die Stigting het in ’n verklaring gesê hy sien uit na toekomstige samewerking met dr. Morkel, en die uittredende hoof het ’n enersluidende geluid gemaak.