Moody’s skuif SA na rommelstatus

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het so swak geword dat die laaste Beleggings Diens van Moody’s nou ook die land afgradeer het tot rommelstatus.

Die Graderings Agentskap het die stap geneem nadat die ANC regering verplig was om Suid-Afrika te onderwerp aan ’n inperkings maatreëls weens die snelle verspreiding van koronavirus infeksies.

Die ekonomiese toestand in SA het sodanig verswak dat die resessie wat wêreldwyd ondervind word weens die pandemie, nou besig is om in Suid-Afrika te neig na ’n totale ekonomiese depressie.

Moody’s wys daarop dat die Rand se swak vertoning teen ander geldeenhede, die onbetroubaarheid van Eskom se kragvoorsiening, en die

Regering se onvermoë om die sakevertroue te verbeter, is van die belangrikste redes waarom die land nou in ’n rommelstatus gedompel is.

Vrees is uitgespreek dat die uitwerking van die koronavirus kan lei tot ’n volskaalse depressie aangesien die hele staatsbestel in ’n massiewe skuldlas is waaruit die ANC nie losgewikkel gaan kom nie.