Medupi kragsentrale – ’n moordenaar?

Die ANC regering was vol lof nadat die nuwe kragsentrale, Medusi, se eerste fase kraglewering begin het, en is daar selfs gesê dat beurtkrag nou iets van die verlede is.

Die opmerkings van politici en die kragvoorsiener se woordvoerders het toe nooit waarheid geword nie, maar nou het nog gevaarliker feite na vore gekom.

Die mega-kragopwekker, Medupi, is besig om Suid-Afrika op meer as een gebied te laat sukkel, want dit is nie net ’n finansiële swartgat nie, dit het ook ’n ernstige gesondheidsgevaar geword.

Daarbenewens is dit ook ’n bedreiging vir die omgewing en gaan ’n katastrofe veroorsaak as die owerheid nie baie vinnig optree teen die uiters swak opgerigte kragsentrale nie.

Kenners wys ook daarop dat ernstige foute op tegnologiese gebied gemaak is en kon veel beter opgerig gewees het maar is nagelaat weens onkunde en swak beplanning.

Eskom het nagelaat om die stelsel op te rig met toerusting om besoedeling te bekamp, en die huidige stand kan selfs die lewens verkort van mense wat in die omgewing woonagtig is.