Mbalula verbied passasierskepe

Die ANC se Minister van Vervoer het deur middel van die Departement van Vervoer, alle passasierskepe verbied om aan te doen in enige Suid-Afrikaanse hawe.

Dit is glo een van die jongste stappe wat toegepas word in ’n poging om die snel verspreiding van die koronavirus te beperk.

Fikile Mbalula het die optrede gevolg terwyl meer as 1,700 passasiers op die skepe “gestrand” is op ’n plesierboot aan die kus naby Kaapstad.

Vrees bestaan dat mense met virus infeksie op die skip mag wees, en daarom word sulke skepe nie in die hawens toegelaat nie.

Sedert Woensdag word geen passasiersbote van enige aard toegelaat in die hawens van Suid-Afrika nie, het Mbalula se woordvoerder gesê.