Massiewe ontploffing in ruimte ontdek

Die grootste ontploffing waarvan die mensdom bewus is, het in die ruimte plaasgevind, en sekere wetenskaplikes beweer dit is die grootste ontploffing sedert die begin van die ruimte, maar talle verskil ook met die siening.

Die navorsers sê die ontploffing wat 390 miljoen ligjare weg van die aarde was, het ’n ontsaglike uitwerking op die hemelruim se samestelling.

Die navorsers het die massiewe ontploffing ontdek wat in die heelal was, en wat volgens waarnemers, vanaf ’n super-massiewe swart gat afkomstig.

Hulle reken dit kan gesien word as die grootste ontploffing wat nog ooit in die heelal plaasgevind het sedert die sogenaamde “Groot Knal” en is vyf keer meer energie vrygestel as enige vorige ontploffing.

Sowat 200 wetenskaplikes uit 18 lande het meer as 300,000 verskillende Melkweg stelsels ontdek in die afgelope twee jaar met behulp van die nuwe, uiters kragtige teleskoop stelsels.

“Ons het tot dusvêr ontploffings in ’n Melkweg gesien, maar hierdie een is massief en baie, baie groter as enige ander”, het een van die navorsers gesê.