Koronavirus vs 1918 Groot Griep

Die huidige krisis het nog nie die vlak bereik wat tydens die Groot Griep van 1918 ervaar is in Suid-Afrika nie.

Die Afrikanervolk het 16 jaar tevore uit die Tweede Vryheidsoorlog gekom, en was verarm en verdruk deur die maghebbers, die Maritz-rebellie was in volle swang om later te misluk, en toe slaan die griep die volk.

Suid-Afrika het op daardie stadium ’n totale bevolking gehad van 6 miljoen mense, en daarvan het 2,6 miljoen griep opgedoen, en 140,000 mense het gesterf daaraan want ’n doeltreffende teenmiddel was nie beskikbaar nie.

Dokters het hulle eie middels saamgeflans, en die skaarste aan medisynebottels het veroorsaak dat mense hulle eie bottel moes neem om gevul te word.

Beter hospitale, goed opgeleide dokters, ingeligte mense, is vandag bevoorreg om met kennis die koronavirus te beveg, en met versigtige benadering met die korrekte toepassing van riglyne behoort Suid-Afrika se Afrikanervolk net sterker aan die anderkant uit te kom.  

Net soos daar vandag mense is wat glo die Sjinese het die virus in ’n laboratorium gekweek, net so was daar destyds mense wat geglo het Hitler het die virus versprei deur die wêreld.