Koronavirus laat Rand tuimel

Die wêreldwye insinking in die markte, sowel as die dramatiese daling in die prys van Brent ru-olie met 25%, het ook die Suid-Afrikaanse geldeenheid laat tuimel.

Die wêreldwye neiging volg nadat berigte van ’n toename in die verspreiding van koronavirus infeksies bekendgemaak is.

Alhoewel verskeie wetenskaplikes gemaan het dat die virus infeksie niks erger is as ’n swaar griep aanval nie, het die vinnige toename met die verspreiding daarvan, paniek veroorsaak op wêreldmarkte, wat die Rand ook getref het en Maandag R16.19 teen die dollar vertoon het.

Die swakker Rand het Maandagoggend R21.16 teen die pond gekos en R18.50 teen die euro, en was op sy laagste vlak in 40 jaar.

Die regering se grootpraat oor gereedheid om die virus krisis te hanteer, het ’n eerste nekslag gekry toe vasgestel is dat daar nog steeds geen kwarantyn sentrum is nie.