Kaapstad vlugtelinge nou in verset

Alhoewel die polisie in ’n verklaring gesê het dat die verskuiwing van die buitelandse vlugtelinge sonder geweld plaasgevind het, is dit strydig met die jongste vlaag van gewelddadigheid.

Minstens drie mans is gearresteer en word aangekla weens gewelddadige optrede teen die polisie tydens die verskuiwings operasie.

Die vlugtelinge sê hulle is nou reeds na ’n derde plek verskuif sedert hulle verplig is om die Metodiste kerk te verlaat waar hulle etlike maande gehuisves was.

Die stadsraad van Kaapstad sê die situasie is “uitermatig gewelddadig” nadat die polisie die sowat 200 mense vanaf Zonnebloem Park, naby die tegniese kollege, verskuif is.

’n Totaal van 600 vlugtelinge is deel van die groep wat sedert Oktober 2019 terreine beset het in die stad uit protes teen die behandeling wat hulle van die stad se owerheid ontvang.