Kaapstad verwyder vlugtelinge uit kerk

Kaapstad owerhede en wetstoepassers het Sondag in beweging gekom en die vlugtelinge verwyder uit die kerkgebou waar hulle reeds maande woon om ’n onderdak slaapplek te geniet.

Die “Sentrale Metodiste Kerk” in die Greenmarket Plein het die vlugtelinge nou reeds 5 maande van herberg voorsien, maar mense in die omgewing het begin beswaar maak oor die ontoereikende geriewe en die hof het intussen beveel dat hulle nie langer daar gehuisves kan word nie.

Die sowat 700 mense het hulle ontevredenheid te kenne gegee, maar is blykbaar sonder geweld uit die kerk verwyder.

Ingevolge die hofbevel kan die vlugtelinge nêrens ander gehuisves word as die plek waar hulle was voordat hulle na die kerk hulle intrek geneem het nie.

’n Leier van die vlugtelinge sê hulle word nou verskuif om na geen tuiste te verhuis nie, en dus geen plek het om te bly nie.