Johannesburg se kameras dalk onwettig

Die maatskappy wat nou besig is om ’n netwerk van versteekte kameras op te stel in Johannesburg, het die kontrak ontvang van die munisipale owerheid, maar nou bestaan daar sieninge dat dit deels onwettig is.

Di kameras wat ook deur ’n privaat instansie beheer sal word, is volgens meningsvormers nie wettig nie, aangesien die opnames uitsluitlik in die hande van die maatskappy is.

Baie vrae het ontstaan oor die praktyk waarin die stad se owerheid ’n groot aantal kameras wil installeer om die werksaamhede van diewe, moordenaars en ander kriminele vas te vang.

Die bewering is gemaak dat die kameras onwettig gekoppel word aan die elektriese netwerk van die stad, en dat dit onwettig is om wetsgehoorsame burgers se bewegings op die wyse te bepaal.

Die kameras wat glo super-kragtig is, en ’n klein fortuin kos, word opgerig is die gekniede waar misdaad tans hoogty fier.

Die maatskappy, “Vumacam” wat die installasies doen van die kring-televisie stelsel, word nou deur die polisie ondersoek vir misdaad, wat ernstige twyfel laat oor wat in Johannesburg besig is om e gebeur.