Italië neem ’n desperate stap teen virus

Die Italiaanse owerhede het nou uit desperaatheid besluit om 10,000 studente in die mediese fakulteite van universiteite in diens te plaas deur hulle eksamens te vervroeg.

Die stap is geneem in ’n poging om voldoende geneeskundiges by hospitale te ontplooi om die duisende gevalle van infeksie te hanteer.

Italië het reeds meer as 2,200 mense aan die dood afgestaan, en meer as 28,000 wat infeksie opgedoen het, word dit ’n geweldige moeilike stryd.

Die toestand in die land is die slegste wat in enige land buite Sjina ondervind word, en een van die redes is dat die regering te laat met ’n sterk plan van aksie begin het.

Volgens die Minister van Universiteite sal die finale jaar studente sowat agt maande vroeër as gewoonlik toegelaat word om as dokters te praktiseer.