Iran se virus dilemma vergroot

Die koronavirus is besig om sy tol te eis in Iran, en kenners reken dit is nie die enigste land wat nou in ’n krisis is met die infeksies wat toeneem nie.

Met 92 sterftes en ’n 3,000 mense met infeksie, is dit onwaarskynlik dat die owerheid oor ’n werkbare plan beskik om die verspreiding te blokkeer.

Intussen is besig dat Suid-Korea ook in ’n krisis situasie beweeg, met 32 aterftes en 5,700 infeksies, en tans die grootste aantal nuwe infeksies per dag het, met Woensdag die hoogste aantal van 645 binne  24 uur tydperk.

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het Rusland tot kalmte gemaan en gesê fop-nuus word in Rusland versprei om paniek te veroorsaak. Hy beweer dat die fop-inligting van buite Rusland die land binnekom, maar die waarheid is dat Rusland slegs ’n paar gevalle het.