Huwelik is een man met een vrou

President Vladimir Putin het voorgestel dat die Russiese grondwet meer duidelikheid moet gee oor die huwelik wat beteken dat die huwelik net eken is as een man en een vrou in die eg verbind is met mekaar.

Hy sê niks anders as dit word as ’n huwelik beskou in Rusland nie, en daarom behoort die grondwet dit baie duideliker as wat dit tans is, te verwoord.

Die Russiese president het die opmerkings gemaak tydens  ’n televisie onderhoud in Moskou.

Vladimir Poetin het hom vereenselwig met die standpunte van die Russiese Ortodokse Kerk, en het met die duidelike standpunt oor die huwelik, hom gedistansieer van die vêr-linkse standpunte van sekere kerke en organisasies in die Westerse lande.

Waarnemers wys daarop dat die president met die beoogde grondwet wysiging die Russe wil rig vir die toekoms wanneer hy nie meer die land se regeerder is nie.

Die Russiese Ortodokse Kerk, wat vroeër deur die Kommunistiese regering verbied is, het in die afgelope twintig jaar sterk gegroei en dra ’n stewige bydrae tot die geestelike waardes wat in Rusland geld.