Huisvroue, wees virus-paraat

Volgens die jongste inligting sal duisende mense uit Suid-Afrika gedurende die Paasnaweek die tog aanpak na die Sioniste saamtrek by Moria.

Die jaarlikse gebruik van hoofsaaklik swartmense, het reeds ’n lang geskiedenis van baie padongelukke wat deur die massa voertuie onderweg daarheen, en met die terugkeer veroorsaak word.

Vanjaar se byeenkoms het ’n bykomende gevaar, naamlik dat dit ’n uiters gunstige geleentheid word om die koronavirus oor te dra.

Huisvroue behoort hulle huishulpe vooraf te vra of hulle die geleentheid gaan bywoon, en indien die antwoord positief is, moet die werker volgens die arbeidswet ingelig word dat sy minstens agt weke nie na haar werk moet kom nie weens die gevaar van virus verspreiding.

Huisvroue behoort ook aan hulle werkers te sê dat ’n sertifikaat van ’n erkende en geregistreerde mediese dokter moet getoon word nadat hulle wel die virus opgedoen en daarvan herstel het.

Dieselfde reël geld ook vir die tuinwerker en werkers by die kleinsake ondernemings wat tans ’n opdraande stryd voer om finansieel staande te bly weens die resessie.