Hospitale onbevoeg met virus behandeling

Die swart vakbond, Young Nurses Indaba Trade Union, het alarm gemaak dat verpleegpersoneel en baie dokters wat die land se sogenaamde frontlinie vorm om koronavirus te beveg, hoegenaamd nie opgelei is daarvoor nie.

Die vakbond sê die verpleegpersoneel is in geen stadium behoorlik ingelig  oor hoe om die krisis te hanteer nie.

Die verpleegpersoneel voel dat hulle in die lig daarvan, eintlik op ’n “selfmoord sending” is wanneer hulle aan dien is om pasiënte met infeksie te verpleeg.

Volgens die vakbond het die meerderheid klinieke en hospitale nie die vaagste benul oor die minimum vereistes wat nagekom moet word om beskerm te bly teen moontlike infeksie nie.

Die Vryburger het vroeër berig dat ernstige twyfel bestaan oor die vermoë van hospitale, veral in die lig van die chaotiese en onhigiëniese toestande van baie hospitale.