Gevaar van infeksie by winkels

Besoeke in winkels word beskou as die gevaarlikste plek om te wees terwyl die koronavirus pandemie voortwoed, en mense wat nie gehoor gee aan die maatreëls nie, sorg dat die pandemie verder vererger.

Dit is die mening van ’n geneeskundige wat waarsku teen die onverskilligheid om vir elke kleinigheid wat benodig word, die winkels in te vaar.

Hy sê die waarheid is dat die virus buit die menslike liggaam, op metaal oppervlaktes die langste bly lewe, en dit maak inkopies soveel gevaarliker as enige ander plek waar toegang nog moontlik is.

Volgens die dokter wat verkies om anoniem te bly, kon iemand met infeksie genies het en die rakke, sowel as die metaal houers kossoorte onwetend besmet het, en ’n volgende persoon neem die houers om uiteindelik infeksie op te doen.

Hy beveel aan dat mense wat oor internet geriewe beskik, hulle kos bestellings aanlyn doen wat afgelewer kan word. By ontvangs daarvan word per bankkaart betaal, waarna elke metaalhouer verkieslik met ’n alkohol lappie afgevee, en daarna word die hande weer deeglik gewas.