Geen voedsel tekorte nie

Die Georganiseerde Landbou en verskeie landbouleiers het bevestig dat landbou produksie geen tekorte het nie en dat voedsel winkels gerus kan raak sonder om paniek aankope te doen.

Suid-Afrika se kommersiële landbouers is opgewasse om enige krisis die hoof te bied, en daar is geen sprake van enige tekorte in die bedryf nie.

Vars groente en vrugte is vrylik beskikbaar, en nywerhede wat voedsel verwerk het geen tekorte nie. Indien enige tekorte bestaan, sal dit hoofsaaklik wees omdat winkels uit voorraad geraak het weens paniek aankope van ’n deel van die bevolking wat oorstuur is, het ’n landbouleier aan Die Vryburger gesê.

Die verspotte optrede om winkelrakke te stroop het ontstaan toe die media berig het oor die paniek aankope in Brittanje, wat daarvoor bekend is dat hulle grootste voorraad voedsel ingevoer word.

Suid-Afrika was nog altyd selfvoorsienend om die land se inwoners te voed, en met die goeie reënseisoen wat boerdery omstandighede verbeter het, is daar tans ’n oorskot van ’n aansienlike reeks voedselprodukte.