Geen beurtkrag – vir nou!

Geen beurtkrag word vir die week voorsien nie, maar die kragvoorsiener hou soos gewoonlik die deur oop vir ingeval van “onbeplande” instandhouding.

Eskom het egter Sondag gewaarsku dat beurtkrag hervat kan word aangesien die stelsel onder groot druk verkeer.

Suid-Afrika het nou gewoond geraak aan die stellings van die kragvoorsiener, en die oproep om krag te bespaar word slegs deur een gedeelte van die land se bevolking nagekom, terwyl ander steeds onwettige aftap stelsels bedryf.

Die moontlikheid dat beurtkrag hervat kan word, is nie uitgesluit nie, maar word nie op die oomblik voorsien nie.