Geen aborsie in Columbië

Die grondwethof van Columbië het in sy uitspraak die week weereens teen die wettiging van aborsie binne die eerste 16 weke van swangerskap beslis.

Die hof het bevestig dat aborsie slegs in spesiale gevalle toegelaat word, soos wat dit tot hede die geval is.

Die hof se beslissing het die demper geplaas op links-liberale groepe se eise dat aborsies toegelaat moet word, maar Columbië is een van die wereld se lande met die strengste godsdienstige sienings oor die aangeleentheid, en weier om daarvan afstand te doen.

Die hof het bevestig dat daar slegs voorsiening gemaak word vir drie gevalle om aborsie uit te voer, naamlik wanneer die swanger vrou se lewe in gevaar is, of as sy verkrag is, of as dit bevind word dat die fetus misvorm is.