Fop-nuus loop dik op netwerke

Die inperkings wat aangekondig is, beteken dat verskeie “bitter bekke” met ’n vloedgolf van fop-nuus bewerings op die sosiale netwerke besig is om mense op sleeptou te neem.

Een van die bewerings wat gemaak word, is dat kleiner sakeondernemings slegs finansiële steun sal kry as hulle ’n swart bemagtiging stelsel steun.

Dit beteken dat klein ondernemings van die oorgrote blanke eienaars nie gehelp sal word nie, maar die departement van Handel het dadelik die valse bewerings verwerp en gesê alle Suid-Afrikaners wat kwalifiseer vir hulp, sal gelykwaardig behandel word.

Ingeligte bronne wys daarop dat honderde kleinsake ondernemings in die hande van blanke eienaars nou bankrotskap in die gesig staar, en sê die hoop bestaan dat daar wel metodes gevind gaan word hoe hierdie sakemanne staande gehou sal word.