Ekonomiese maatreëls van die wêreld

Die lande van die wêreld het begin met streng ekonomiese maatreëls ten einde die bevolking se ontwrigting weens die uitbreking van koronavirus, teen te staan.

Turkye het aangekondig dat hy meer as $15 miljard bewillig het om die krisis te bestuur en het ’n 21 punt plan opgestel waarvan belastingtoegewings aan instansies en individue voorrang geniet.

Die regering van Australië het fiskale aanpassings gemaak ten bedrae van $11 miljard wat ondermeer insluit ’n toegewing aan die laer inkomstegroepe wat 6,5 miljoen mense is, en elk steun sal kry ten bedrae van $750 om die verliese te probeer teenwerk.

Die regering sal ook 120,000 werksgeleenthede ondersteun in so ’n mate dat dit nie verlore gaan in die kleiner en middelslag ondernemings.

Die Australiese Sentrale Bank het ook die uitleenkoers met 0.25% verlaag om sakeondernemings se rente op lenings te verlig.

Premier Justin Trudeau van Kanada het aangekondig dat die land $56 miljard (VSA $) bewillig wat grootliks aangewend word vir belasting toegewings, maar kinder versorging en siekte verloof sal ook finansiële ondersteuning geniet.

In die VSA het die Senaat in groot eenstemmigheid $104 miljard bewillig wat ondermeer insluit dat grootskaalse toetse van mense sonder mediese versekering, uitgevoer kan word. Skool maaltye vir kinders, tien dae siekverlof aan slagoffers en 12 weke se betaling aan families se verpligte verlof wat inkomste sal verloor, sal alles finansieel gerugsteun word.

Benewens die pakket, het President Trump ’n voorstel wat binnekort aandag sal kry in die Senaat, om bykans $1 triljoen ($900 miljard) beskikbaar te stel om kontant uitbetalings aan die laer-inkomste groepe te betaal.

Die VSA sal ook belasting kortings toestaan, wat $50 miljard sal beloop om die lugrederye te ondersteun vir hulle direkte verliese weens die verbod op honderde vlugte.