Eerste virus-entstof toetse begin

’n Amerikaanse vervaardiger van entstof en ander medikasie het pas begin om toetse uit te oer op gewillige mense.

Die eerste toetse word uitgevoer op 45 mense wat ingewillig het om aan die proses deel te neem, maar deskundiges sê die vinnige begin is nie sonde gevaar nie en waarsku dat dit noodlottige gevolge kan inhou.

Die maatskappy en sy vrywillige proef-mense se name mag egter nie verstrek word voordat die produk geregistreer word nie.

Die proewe word in Seatle uitgevoer en word oor die volgende ses weke gemonitor waarna ’n groter aantal mense betrek sal word.

Onbevestigde berigte lui dat die proewe van die nuut ontwikkelde entstof deur ’n Amerikaanse maatskappy, bekend as Moderna, in toetse gebruik is.