Duitsland toets virus middel

Terwyl wetenskaplikes regoor die wêreld koorsagtig besig is om teenmiddels te vind teen die koronavirus, is dit Duitsland wat gereed is om massas mense in ’n toets fase te gebruik vir sy preparate.

Die resultaat kan wees dat die wereld wat tans in chaos is, weer kan terugkeer na sy normale leefstyl.

Met ’n wêreldwye resessie wat ondervind word, en derduisende mense wat infeksie opgedoen het, is die tyd gunstig vir ’n teenmiddel om die virus verspreiding te stop.

Duitse navorsers reken dat hulle met toetse kan begin teen die eerste week in April, en volgens media berigte word asems opgehou in Duitsland dat sukses bereik sal word.