Duisende skape word verskeep

Nie eers die koronavirus pandemie kon voorkom dat 60,000 skape uit Suid-Afrika na die Koeweit verskeep word vanaf die Oos-Londen hawe nie.

Die reuse vragskip wat aan ’n Midde-Oosterse eienaar, Al Mawashi, behoort mag die hawe van Oos-Londen binnegaan nadat pogings aangewend is om te voorkom dat hy toegelaat word.

Die vervoer van duisende skape waarvan ’n groot aantal op die skip doodgaan weens wanvoeding ’n sonder drinkwater, word gereeld deur ’n organisasie teengestaan in die hof, maar kon tot hede nie voorkom dat die skape per skip vervoer word nie.

National Society for the Prevention of Cruelty to Animals  het vanjaar weer die hof genader, maar het weereens die onderspit gedelf, en word die duisende skape oor ’n groot gebied aangery om op die skip gelaai te word.

Die skip is glo toegelaat op grond van die negatiewe toetse wat op die ses bemanning van die skip gedoen is.