Duisende in verset teen Poetin

Duisende Russiese kiesers is in verset teen President Vladimir Poetin wat deur middel van ’n beslissing van die land se Grondwethof die weg baan dat hy die mag kan behou tot 2036.

Meer as 18,000 kiesers het in ’n petisie hulle hand op papier gesit om t toon dat hulle nie tevrede is met die beoogde grondwet wysiging wat sal beteken dat die president nag vir die volgende 16 jaar sal mag regeer.

Dit is bekend in Rusland dat president Poetin, wat reeds sedert die val van die Berlynse muur, die staatshoof is wat die langste in Rusland die septer swaai, en met die grondwet wat nou gewysig mag word, kan sy termyn ongeewenaard die langste wees van alle regeerders.

Die ontevredenes sê in hulle ondertekende petisie dat die verandering aan die grondwet van Rusland ’n onherroeplike wegswaai van die Russiese tradisies sal wees wat nooit weer reggestel kan word nie.

Die ondertekenaars se die verandering sal ’n onwettige, grondwetlike kaping wees wat oor die land sal hang.