Diewe steel duisende maskers

Artikels wat in normale omstandighede slegs ’n paar sent in waarde het, is nou die skurke en diewe se teiken wat vir hulle van groot waarde is.

Hospitale regoor Duitsland het verslae ingedien van reuse diefstal pogings op die maskers wat personeel dra terwyl pasiënt met koronavirus infeksie behandel word.

Diewe het in een van Duitsland se bekendste hospitale toegeslaan en meer as 50,000 gesig maskers gesteel, en ander hospitale het soortgelyke ervarings gehad.

’n Werknemer het Maandag vasgestel dat diewe toegeslaan het, en die voorval onder die aandag van die owerheid gebring, wat die stad se krisis bestuurspan genoop het om strenger maatreëls in te stel om die toerusting van hospitale beter te beveilig.

Die polisie het gewaarsku dat die diewe in ’n nuwe gedaante na hospitale kan gaan en van die gesteelde maskers aan die hospitale te verkoop, en hulle aangeraai om eerder by die erkende verskaffers hulle voorraad aan te vul.