Die wrede onreg teen Walus

Janus Walus, die moordenaar van die kommunis, Chris Hani, is die eerste geval in die geskiedenis van Suid-Afrika wat weens politieke inmenging nie parool kan kry nie.

Kenners reken die optrede van ’n lamlendige regering, wat die kommuniste terwille is, sal in die anale opgeteken word as die wreedste politieke gedienstigheid van alle tye omdat hulle reg en geregtigheid verwerp vir politieke dienstigheid aan die familie van die kommunistiese leier.

In die geskiedenis van Suid-Afrika, toe terroriste in die tronk beland het, was die apartheidsregering bereid om hulle op parool vry te laat toe hulle tyd vir parool aangebreek het.

Die Vryburger verwerp die regering se optrede met die minagting wat dit verdien.