Die mite onder swartmense

Politici is erg bekommerd oor die jongste stories wat deur sekere swartmense versprei word oor die voorkoms en infeksie met die koronavirus.

Die mite dat die koronavirus nie swartmense besmet nie, word wyd vertel en klaarblyklik ook op die sosiale netwerk oorgedra, en daarmee die onverskilligheid om die inperkings maatreëls te ignoreer, verder te laat uitkring.

Kenners wys daarop dat dieselfde tendens van mites etlike jare gelede die swart woongebiede deurkruis het oor die moontlikheid om HIV positief te raak, wat toe ook nie swartmense benadeel nie.

Die feit dat verskeie swart politieke leiers reeds positief getoets is, en onder self kwarantyn is, word met nog meer onwaarhede afgewys en verwerp.