Die heersers

Kort nadat die ANC se minister sy begrotingsrede in die parlement gelewer het, was dit die SA Kommunistiese Party en sy meeloper Cosatu wat die klanke van verset laat hoor het as die regering torring aan die salaris ooreenkomste van vroeër om R160 miljard te probeer spaar.

In reaksie daarop het die vreesbevange regime ’n uitnodiging gerig tot die twee heersers vir ’n dringende gesprek, waarvan die inhoud nog onbekend is vir jan-publiek.

Wat daardie gesprek ook al inhou, is dit onweerlegbaar dat die kommuniste die regering afdreig, want bevriesing van staat- en semi-staatsamptenare se salarisse beteken dat die vakbonde nie meer geld kan opslurp van die gewillige belastingbetalers nie.

Die SAKP het nie verniet in vennootskap met die ANC getree met die begintyd van die regime se oorname van die regering, en van Suid-Afrika,  by die Papbroek van die Nasionale Party nie.

Die ANC gaan klippe kou in die komende jaar, want ekonomiese groei is nie in hulle sakelys opgeneem nie, maar slegs die vooruitsig van besparings, wat deur die vakbonde en kommuniste gestuit gaan word.

Die situasie verskil geensins van dit wat die Eskom “swartmag” doen met sy suksesvolle aanslag om die regime gyselaar te hou – gee die geld, of sit sonder krag.

Die Cosatu dreigement was duidelik – peuter aan die salarisse of die aflegging van mense, en ons maak die land onregeerbaar.

Eskom, die Vakbonde en die Kommuniste is die heersers, nie die ANC nie, hulle is hoogstens die voertuig ……..