Die Eskom plan is vreemd

Beurtkrag se uitwerking

Die Eskom-plan het so ligweg bekend geword, alhoewel daar duidelik nie veel entoesiasme is nie, word ’n brandstof aangedrewe kragsentrale beplan wat 3,000 megawatt sal lewer.

Daar is egter nie veel entoesiasme dat die beoogde projek, wat deur die regering goedgekeur moet word, wel van die grond gaan kom nie, want brandstof aangedrewe kragopwekking is nie ekonomies geregverdig nie, em daarbenewens beskik nog Eskom, nog die regime, oor die fondse vir so ’n projek, terwyl lenings waarskynlik nie bekom sal word nie.

Ontleders en ingeligte bronne sê die swye van minister Mboweni tydens sy begrotingsrede is ’n bewys dat die plan waarskynlik nie in die nabye toekoms sal realiseer nie.

Deskundiges reken die Eskom herstelwerk moet professioneel gedoen word deur deskundiges, en deur sulke optrede sal minder beurtkrag uiteindelik toegepas word.