Die boewe slaan toe op ons rekenaars

Die internet skurke het nou ’n nuwe skelmstreek om mense om die bos te lei deur die koronavirus te gebruik as invalshoek.

Die e-pos wat ontvang word lyk onskuldig en bevat selfs inligting wat geloofwaardigheid wek by die leser, maar ignoreer liewer die e-pos en “delete” dit sonder om daaraan te peuter ten einde jou rekenaar t beskerm.

Gevalle is aangemeld waar ’n eerste en tweede e-pos ontvang is en wat heel “onskuldig” is, maar die volgend een is die slagyster watt ’n “koronavirus” bevat om die rekenaar tot stilstand te bring.

Kuberkrakers het deurlopend nuwe metodes om onskuldige mense t benadeel, en daarom moet alles met versigtigheid benader word.