Derdegraad radio

Dit is met ’n jammergevoel dat luisteraars na ’n derderangse radiostasie wat beslis niks meer as ’n klompie werkers het wat die naam omroeper nie werd is nie.

Daar is die een onbekwame persoon wat nie die naam van die Amerikaanse deelstaat Massachusetts korrek kan uitspreek nie – selfs sy vierde poging was so swak dat dit lagwekkend geword het.

Dis ook die knaap wat dink die koudste plek in Suid-Afrika, Buffelsfontein, Molteno, wat in die Oos-Kaap geleë is, is ’n plek in die Sutherland distrik.

Dan is daar die ander knaap wat praat van bokhaarskape, en niemand weet tot vandag of dit skape is of bokke waarna verwys is nie.

Die vent met letters vir name het die vieslike en ongepoetste manier om terwyl ’n musiek snit met sang uitesaai word, tussen in te praat asof sy stem belangriker is as die musiek.

Die eienaardige klomp wat klaarblyklik uit ’n skeepsvrag houer hulle derderangse uitsendings hanteer, behoort werklik nie in ’n ware uitsaai ateljee nie, want hulle nuus is nie net deurspek van Engels nie, maar word ook so aangebied dat dit nie geloofwaardig is nie.

Dan is daar die leuenagtige advertensie “dat geveg word vir ’n lisensie” wat natuurlik pure twak is, want die Uitsaaiwet bepaal dat ’n radiostasie wat 5 jaar of langer ononderbroke uitsaai, se lisensie hernu moet word, en kan slegs geweier word indien die lisensiehouer ’n ernstige oortreding begaan het.

Die amateur radiostasie met sy amateurs by die mikrofoon speel graag die snitte van sang wat in die taal van die onderdrukker is, en andersins is dit die skree geraas van mense wat klaarblyklik in Afrikaans raas.

Dit is ’n patetiese spul.

Hendrik