Comrades Maraton gaan voort

Die organiseerders van die Comrades maraton wat vir 14 Junie geskeduleer is, gaan voort te midde van die koronavirus krisis.

Die Comrades vereniging het in ’n verklaring aangekondig dat dit prematuur sal wees om voortydig die wêreldbekende sportgeleentheid te kanselleer wat eers oor ’n paar maande sal plaasvind.

Volgens onbevestigde berigte sal die sport liggame soos die Atletiek SA en andere weer met die Comrades vereniging beraadslaag op 17 April om die aangeleentheid te evalueer.

Verskeie buitelandse deelnemers het reeds te kenne gegee dat hulle nie die geleentheid sal bywoon nie, veral in die lig van die reis verbod wat deur regerings ingestel is.