Columbië wil virus gou oorwin

Die Suid-Amerikaanse staat Columbië is vasbeslote om die geveg teen die koronavirus te wen deur drastiese maatreëls in te stel wat die hele bevolking direk raak.

Die president en die regering het besluit om ’n nasionale kwarantyn van 19 dae in te stel om te voorkom dat die koronavirus enigsins versprei in die land.

Die bevolking het vier dae tyd gekry om hulle gereed te maak vir die geleentheid wanneer almal onder kwarantyn sal wees nie hulle woonplekke mag verlaat nie.

Die land het 158 gevalle van infeksie, en die owerheid het gesê dit sal as ’n kriminele oortreding beskou word as mense sonder ’n baie goeie rede hulle woonplekke verlaat, want met die maatreël moet die land “skoon” kom van koronavirus infeksies.

Die land se grense is gesluit en niemand sal toegelaat word om van buite die land binne te gaan nie.