Beurtkrag verhoog eersdaags

Net toe Suid-Afrika dink dat beurtkrag eenkant gesit is, kom die skokkende nuus dat Eskom sê die moontlikheid van beurtkrag is nie uitgesluit vir die res van die week nie.

Met die kragverbruik wat glo verhoog het, en die “onbeplande instandhouding” wat gedoen moet word, is beurtkrag wees SA se voorland.

Eskom sê hy het nie verwag om beurtkrag hierdie week in te stel nie, maar die instandhoudingswerk het die situasie verander.

Die kragvoorsiener het erken dat verbruik van 13,800 MW verminder het tot 13,297 MW, maar sê die kragverbruik het stabiel gebly.

Vanaf gistermiddag sou Eskom op :kort kennisgewing: beurtkrag toepas, maar kragverbruikers sê die kragvoorsiener gee nie kort kennisgewing nie, maar sny die krag summier af.