Bestry sprinkane met duisende eende

Die owerheid in Sjina was van mening dat sowat 100,000 eende na Pakistan gestuur kon word om die sprinkane te vreet wat tans die land se oeste verrinneweer.

Wetenskaplikes het gter gewaarsku dat dit nie so ’n effektiewe metode is nie, en wys daarop dat die sprinkane bestry moes word in hulle voetganger stadium, maar dat gifbespuiting nou die enigste uitweg is.

Die wetenskaplikes wys daarop dat die eende nie oor die kapasiteit beskik om so ’n massiewe sprinkaan plaag te vernietig nie, en dit sal ook te lank neem voordat goeie resultate bereik word, terwyl chemiese spuitmiddels veel meer effektief werk en binne dae die probleem kan oplos.

Die Sjinese wetenskaplikes het egter betyds gewaarsku dat die eende-plan miskien nie so goed sal werk as wat met ’n chemiese spuitmiddel bereik sal word nie.

Pakistan het ’n nasionale noodtoestand afgekondig nadat dit duidelik geword het dat die sprinkane die grootste deel van die oes op landerye gaan vernietig.

Sprinkane beskik oor die vermoë om tot 150 km per dag te vlieg, en het ’n skerp waarnemingsvermoë om graan en ander groen gewasse op te spoor en die swerms vreet dit binne twee dae dat daar kwalik ’n stoppel oorbly.