Banke en regering in onderhandeling

Bankiers en die ANC regime is in gesprek met mekaar oor die moontlikheid van verligting aan die bevolking wat tans gebuk gaan onder ekonomiese druk wat veroorsaak is deur die COVID-19 uitbreking.

Die Reserwe Bank het reeds sy koers met 100 basis punte verlaag, en oorweeg glo verdere maatreëls om verligting te bring.

Ernstige versoeke word ook tot handelsbanke gerig om meer buigbaar te wees ten opsigte van lenings en verbande, en ekonomiese adviseurs reken die bankiers behoort self ook hulle rentekoerse drasties te verlaag en bankkoste te verminder teenoor kleiner sakeondernemings wat op die oomblik noustrop trek weens die uitbreking en die resessie wat ’n negatiewe rol vervul op die oomblik.

Suid-Afrika verkeer tans in ’n ekonomiese knyptang weens die onverantwoordelike verkwisting wat deur die regering en plaaslike owerhede aangegaan is in die afgelope 25 jaar terwyl die land op bykans elke terrein aan die agteruitgaan is.