ANC verkwis miljoene met opleiding

Die ANC se geneigdheid tot kommunisme raak ’n toenemende kommer in Suid-Afrika, asook in die Westerse wêreld.

Die deurlopende skakeling met kommunistiese Kuba en met Sjina is ’n bron van kommer, maar die geloof van die ANC in die swak mediese geskiedenis van Kuba, is ’n nog groter bron van kommer.

Die Vrystaat het onder leiding van Magachule, Kubaanse dokters ingevoer, waarvan die grootste aantal terug is na die eiland, net soos die span ingenieurs uit Kuba wat die water en rioolwerke van die Vrystaat moes regmaak, en wat nooit gebeur het nie.

Nou is dit nie net Jacob Zuma wat na die derderangse mediese sentrum in Kuba vlieg op staatskoste vir sogenaamde behandeling nie, maar ook die Gautengse regering wat R130 miljoen verkwis het met Kubaanse opleiding.

’n Nuwe mediese skool sou in die provinsie opgerig word, maar dit het nie gebeur nie, en R130 miljoen is in die rioolsloot gegooi.

Politieke ontleders wys daarop dat groot bedrae geld die afgelope paar jaar spandeer is om studente as dokters op te lei in Kuba, waarvan talle teruggekeer het sonder ’n mediese kwalifikasie.