ANC regime word oortref

Dit het ’n pandemie soos die koronavirus gekos om te toon dat die ANC regering nie kan doen wat die privaatsektor doen nie.

Met die ernstige krisis wat tans wêreldwyd ondervind word, het regerings miljarde Rand bewillig om te verseker dat hulle land se inwoners finansieel te ondersteun en grootskaalse bankrotskappe voorkom kan word.

In Suid-Afrika moes twee blankes, Johann Rupert en Nicky Oppenheimer tot die redding kom van die verwaarloosde en uitgelewerde mense van die land deur elkeen R1 miljard te skenk sodat die krisis verlig kan word.

Selfs behoudende Afrikaners het hulle dank en waardering uitgespreek teenoor die twee miljardêrs wat bereid is om meer te doen as wat van hulle verwag kan word, en honderd keer meer doen as die bankrot regering.

Intussen het ’n woordvoerder uit Afrikaner geledere sy twyfel uitgespreek oor die feit dat die regime vra dat die verarmde blankedom en ander mense weens die regering se “nuwe apartheidsbeleid deur swart bevoordeling” , nou nog geld moet skenk aan die hulpfonds terwyl die regering met sy korrupste mense, miljarde Rand van belastingbetalers gesteel het om tot hierdie dag nie vervolg te word nie.

Moet Suid-Afrika nog geld gee met die vrees dat daarvan ook gesteel gaan word, is gevra.