ANC nooi vakbonde tot gesprek

Bheki Ntshalintshali

Die ANC se nasionale Werkkomitee het Maandag ’n eerste vergadering gehad met die SA Kommunistiese Party en Cosatu na aanleiding van die moontlikheid van verlaagde inkomstes.

Die Mboweni-begroting het vakbonde in ’n onversetlike weerstand gebring wat  gesê het die regering sal dit nie waag om salarisse te vries, of nie die ooreengekome verhogings toestaan nie.

Minister Mboweni het in sy begrotingsrede aangekondig dat meer as R169 miljard aan salarisse bespaar gaan word om die chaos wat heers in die land se finansies, te verbeter.

Die onversetlike houding van die vakbonde en die SAKP het die ANC gedwing om in gesprek te tree oor die aangeleentheid, ander gaan Mboweni se begring in ’n nog groter chaos kom as die land se huidige finansiële stand.

Intussen het Cosatu se algemene sekretaris,  Bheki Ntshalintshali, gesê die inligting wat ontvang is, lui dat die salaris-kwessie nie tydens die vergadering bespreek sou word nie.

Dinsdag was daar nog nie duidelikheid of die salaris kwessie bespreek is nie.