ANC Jeugliga steeds kruppel

Collen Maine

Die ANC Jeugliga kan maar net nie weer op dreef kom nie, en die stryd om ’n jeug konferensie te hou sedert 2018, wil nie slaag nie, en sommige lede beskuldig die leiers van swak leiding.

Berigte lui dat die voormalige leier, ene Collen Maine, weer genader is om te probeer reël dat ’n konferensie gehou kan word, maar kenners is van mening dat die belangstelling in die jeugbeweging verlore is weens swak leiding.

Die jeugliga se nasionale taakspan het aangekondig dat sy pogings om die 26 ste nasionale konferensie in Maart te hou, onsuksesvol is.

Volgens die verklaring sal die konferensie waarskynlik eers in Meimaand gehou word by die Universiteit van die Vrystaat.

Convenor Thandi Mahambehlala sê sy en haar span moet tyd gegun word om lidmaatskap te verifieer en noodsaaklike administrasie afhandel voor die aanvang van die konferensie, wat veroorsaak dat die datum verskuif.

Sy is glo getaak om die ANC se Jeuglige weer te “herbou” maar waarnemers sê die afgelope twee jaar kon sy en haar span nie veel bereik nie.