ANC is verantwoordelik vir krisis

As die ANC nie so gulsig was om miljarde Rand van belasting geld te steel in hulle korrupsie wandade nie, en nie so behep is met hulle swart bemagtiging wat blankes werkloos gelaat het nie, was die krisis 99 keer kleiner as die huidige pandemie.

Hulle moes die kundige blankes uit hulle poste wegjaag om plek te maak vir ANC-SAKP werkers wat onbevoeg en onbetroubaar is.

Toe steel die ANC en sy meelopers miljarde Rand wat nou beskikbaar kon gewees het om sakelui en individue finansieel by te staan.

Opvallend dat twee blankes hulleself bereid moes maak om R2 miljard te skenk omdat die ANC regering bykans bankrot is en self niks kan doen vir die werkloses wat nou in ’n baie ernstige krisis is.

Daar was mos ’n referendum – die Ja-stemmers het ons in die gemors van ’n korrupte land gedompel – en nou is hulle tjoepstil.

Sies, wat ’n skande het ons volk getref!

Jannie Wolfaardt