Amazon skep duisende nuwe poste

Die Amerikaanse aanlyn kleinhandel onderneming Amazon het aangekondig dat hy vanweë die koronavirus uitbreking sowat 100,000 poste geskep het.

Die onderneming sê in ’n verklaring dat dit verligting sal bring vir mense wat hulle werk verloor het as gevolg van die krisis, en kan die pos benut tot hulle hul vorige werk terugkry na afloop van die krisis.

 Amazon sê die poste is geskep vir twee belangrike redes, waarvan die een is om aanlyn bestellings vinnig afgelewer te kry by kliënte aangesien mense nou verkies om nie na kleinhandel winkels te gaan vir hulle alledaagse aankope nie en eerder aanlyn bestellings plaas.

Die toename in aanlyn bestellings het dus die vermeerdering van aflewerings personeel vereis, en daarmee bied die maatskappy uitkoms aan mense wat hulle werk en inkomste verloor het.

Amazon sê hy beplan daarmee om 100,000 mense regoor die VSA aan te stel wat diens moet verrig as mense wat bestellings opmaak en aflewer by kliënte.