Zuma ignoreer uitnodiging na staatsrede

Die voormalige president, Jacob Zuma, het toe nie die uitnodiging aangeneem om na die ANC se staatsrede te luister nie, en het verkies om geensins daarop te reageer nie.

Die uitnodiging wat geïgnoreer is, het die hele ANC parlement met groot verleentheid en rooi gesigte gelaat, en is volgens waarnemers ’n sterk teken van die diepgaande verdeeldheid tussen Zuma en Ramaphosa, sowel as hulle ondersteuners.

Kenners wys daarop dat Zuma in alle gevalle dit nie sou kon waag om die staatsrede by te woon nie, want dit sou die Vervolgingsgesag volle rde geen om Zuma te verplig om later vanjaar op te daag by die hof in Pietermaritzburg waar die verhoor oor wapen transaksie bedrog voortgesit sal word.

Met Carl Niehaus op die voorpunt as Zuma-ondersteuner, het ’n klomp ander ondersteuners saamgekom met die bedoeling om ’n optog te hou na die parlement.