Zuma: Dokter wie?

’n Eienaardige “doktersertifikaat” wat Jacob Zuma en sy regsverteenwoordigers ingehandig het by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het die regter laat besluit dat Zuma wel gedagvaar kan word om by die volgende hofsitting op te daag.

Die regter,  Dhaya Pillay ,het opgemerk dat die “sertifikaat” ietwat vreemd lyk, en dat die datum daarop toon dat daarmee gepeuter is.

Die regter het, sonder om dit direk te vra, gewonder wie is die dokter wat die sertifikaat onderteken het.

Die sertifikaat wat uitgereik is deur die Een Militêre Hospitaal is onderteken deur Dr. ZK Motene, en dit het die regter haar wenkbroue laat lig.

Die sertifikaat toon ook nie die aard van die siekte aan nie, en verwys slegs na ’n “mediese toestand”.

Die regter het dit in twyfel getrek of die sogenaamde dokter ’n geregistreerde mediese geneesheer is, en het in die lig van die vreemde sertifikaat, gesê Zuma kan gedagvaar word om in die hof te verskyn.