Wit skoenlappers geen bedreiging

Die vrees in sommige landboukringe oor die groot getalle wit skoenlappers wat tans in die noordelike dele van die land gesien word, is geen bedreiging van landbouers nie.

Deskundiges sê die vrees dat die skoenlappers die drers kn wees van perdesiekte, is ’n mite, en boere het nie nodig om hulle daaroor te bekommer nie.

Die skoenlappers, met die wetenskaplike naam Belenois aurota, kom tans in groot getalle voor, en beskik oor die vermoë om tot 1,200 kilometer vêr te vlieg deur van windstrome gebruik te maak.  

Die groot getalle, wat tans op meer as ’n miljard kan wees, is gelykstaande aan die soortgelyke verskynsel van 1965 toe ’n soortgelyke toestand waargeneem is.