Werkloosheid mik na 30%

Die werkloosheid onder die jonger garde in Suid-Afrika, mik nou na 30% vir mense in die ouderdomsgroep van 18 tot 34, wat gevolglik die rede is vir die toenemende geweld.

Aan die einde van 2019 het die werkloosheid op 29% te staan gekom, en met die beoogde afleggings wat nou deur die groter instansies beplan word, kan dit selfs die 30% merk verby gaan.

Die flou liggie dat 2019 wel 38,000 werkgeleenthede geskep het, is maar ’n druppel in die emmer as gereken word dat bykans een miljoen leerlinge die skool verlaat het in dieselfde jaar.

Sektore wat ernstig geraak word deur die werkloosheid, is die dienste, finansiële, vervoer en konstruksie bedrywe.

Meer as 40% van Suid-Afrika se potensiële werkerskorps in die ouderdom van 18 tot 34 jaar, sonder werk sit, en wend hulle dikwels tot onwettige bedrywe soos smokkelhandel, roof en dikwels tot moord.