Vyf sterftes in Gauteng skole

Die skole het minder as drie weke gelede  geopen vir die 2020 skooljaar en reeds is daar vyf abnormale sterftes aangemeld by skole in Gauteng.

Volgens berigte het vyf leerlinge gesterf, twee is verkrag en verskeie beseer in verskillende insidente sedert 1 Februarie 2020. 

Die nuutste voorval het in Fochville plaasgevind toe ʼn graad 12 dogter ʼn graad 8 seun dood gesteek het met ʼn mes.

Panyaza Lesufi het gevra dat die gemeenskap moet bid vir die onderwys stelsel aangesien “goddelike ingryping” nodig is.

Al die voorvalle het plaasgevind in skole in swart woonbuurte.