VSA: Sanders dalk Demokrate se ondergang

Senator Bernie Sanders

Die Amerikaanse senator, Bernie Sanders, het ook die Nevada koukus verkiesing gewen, en die Demokrate se hoop laat vervaag dat Joe Biden of Bloomberg die finale kandidaat sal wees teen Trump.

Sanders, wat nie ’n lid van die Demokratiese party is nie, maar wat as selfverklaarde sosialis onder die vaandel sy verkiesingsveldtog voer, word nou vir menige Demokraat ’n verleentheid.

Die afgelope verkiesing maak van Sanders nou die voorloper in die Demokrate se stryd om presidentskandidaat te word, en die sosialis se aansprake en uitlatings laat die geharde Demokrate terugdeins omdat sosialisme te vêr links is vir hulle.

Die 78-jarige sosialis wat ook in die 2016 presidentsverkiesing probeer het om presidentskandidaat te word, het met die jongste uitslag in Nevada ’n stap nader gekom om as genomineerde teen President Trump te staan te kom.

Sanders het die Demokrate se koukus verkiesings in Iowa en New Hampshire vroeër die maand gewen, wat nou van hom die voorloper maak, maar daar is nog ’n lang pad vooor alles gefinaliseer word vir hom.

Sy volgende gevegsterrein is Suid Karolina op 29 Februarie, maar daar bestaan twyfel of hy ook daar goed sal vaar.